Forum

Notifications
Clear all

Herbou 'n Altaar vir die HERE jou God

1 Posts
1 Users
0 Reactions
34 Views
(@prepare)
Member Admin
Joined: 8 months ago
Posts: 25
Topic starter  

In Rigters 6:26 het die Here geopenbaar hoe belangrik dit is om eers die altaar van afgodery af te breek voordat 'n ALTAAR vir die Here ons God herbou kan word. Die herbou proses moet bo-op die afgebreekte altaar in die regte volgorde herbou word.

"en bou 'n altaar vir die HERE jou God bo-op die vesting hier, met klippe wat in die regte orde neergelê is... "

In Gideon se voorbeeld is die regte volgorde 'n verwysing na 'n GEVEGSLINIE , wat verwys na 'n definitiewe kontras tussen 'n altaar van afgodery en die altaar van die Here ons God. Daar is 'n definitiewe onderskeid wat lig en duisternis skei, dit kan nooit een wees nie. Alhoewel die duisternis 'n werklikheid blyk te wees, is dit net daar as gevolg van die afwesigheid van lig, maar die oomblik wanneer die lig geaktiveer word, verdwyn die duisternis.

Net so kan 'n altaar van afgodery nie in die teenwoordigheid van God bestaan nie. God is die enigste bron van lig in die Nuwe Jerusalem en daar sal nooit duisternis wees nie. Daar kan ook nie duisternis in die teenwoordigheid van God bestaan nie.

Soos in ons slagspreuk genoem, is ons erfenis in Christus Jesus verweef met die beloofde land Israel.

 In Rigters 6:1 is dit duidelik dat Israel kwaad gedoen het in die oë van God en die gevolge moes dra. Die boosheid het duisternis gebring en Israel het gestruikel. Jesus het ons gewaarsku daarteen toe hy gesê het ons moet in die lig, wandel solank ons die lig het, want dan sal ons nie in die duisternis struikel nie.

Paulus het in Romeine 12:1 gesê: "Maak jou liggaam 'n lewende offer", 'n offer op die altaar van God sodat alles wat teen God staan, in Sy Heilige Vuur verteer kan word en ons in 'n lewende verhouding met ons Hemelse Vader kan kom. Hy kan dan  sy woonplek in ons maak en in ons kom daar 'n duidelike skeiding, as ‘n GEVEGSLINIE tussen geregtigheid, lig  en ongeregtigheid, donker. Heiligheid en boosheid kan nooit een wees nie.

Dit is baie belangrik om as kinders van God te verstaan dat God in Sy Liefde Sy Seun Jesus Christus gestuur het sodat ons deur Sy Seun gereinig kan word en vrygemaak kan word van dit wat ons verhouding belemmer. Om elke altaar van afgodery af te breek, moet ons dit nie op grond van vrees vir God en Sy toorn doen nie, maar op grond van liefde vir God en 'n begeerte om in 'n lewende verhouding met Hom, die enigste ware Lewende God te lewe. God het in liefde vir ons Sy enigste Seun gestuur sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê, en  die ewige lewe is om God en Sy Seun te ken.

Elkeen is egter verantwoordelik vir sy eie verhouding met God, maar soos in Israel en in die voorbeeld van Gideon, is daar 'n gemeenskaplike verantwoordelikheid vir die land. Die Here het vir Gideon gesê dat die altaar van baäl afgebreek moet word voordat die voorspoed van Israel sal terugkeer.

As ons die huidige situasie in Suid-Afrika in ag neem, blyk dit dat ons, onsself in 'n soortgelyke situasie bevind as Israel in die dae van Gideon, waar die vyand die mag gekry het om die oes te steel. Ons het 'n afname  van produktiwiteit in verskeie sektore in Suid-Afrika gesien, en ons is geneig om almal behalwe onsself te blameer. Gideon het gesê: "As God vir ons is, sou niks van hierdie dinge gebeur het nie", want Gideon het die krag van God geken.

Ons kan sê, maar ons is 'n Christelike land met meer as 80% van die mense wat belydende Christene is. Wat as ons soos in die voorbeeld van Gideon 'n altaar van afgodery gevestig het, en dat die meeste van ons daaraan deelneem. In Suid-Afrika was ons verantwoordelik vir die vestiging van 'n sigbare altaar deur Halal-sertifisering. Dit het eintlik vanaf 1996 momentum begin kry, maar het 'n hoogtepunt bereik in 2009, die begin van die afname.

In die boek Haggai word die vraag geopper oor die rede vir ekonomiese agteruitgang, en die antwoord van God is, dat ons besig is om ons eie huise te bou terwyl Sy huis in puin lê. Dit is tyd om 'n poging aan te wend om die altaar van die Here ons God met 'n duidelike GEVEGSLINIE te herbou.  



   
Quote

Leave a reply

Author Name

Author Email

Title *

Preview 0 Revisions Saved
Share: