Notifications
Clear all
Topic starter
12/04/2025 10:21 pm
Outoriteit in Gebed deur Corrie Huyser
Wie is regtig in beheer?
As ons hierdie vraag nie met absolute sekerheid kan antwoord nie kan ons eintlik nie met gesag en outoriteit bid nie.

Kom ons kyk wat die Bybel hieroor sê.
Paulus bid vir die gemeente in Efese onder andere dat hulle sal begryp Ef, 1:19-23
“hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Ons sien dus dat Christus die absolute gesag in die heelal is. Hy sit aan die regterhand van God die Vader in die hemel. Hy is die Hoof van die kerk, Sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Die uitgeroepenis in Christus is ons.
Die uitgeroepenis in Christus is ons.
As Christus verhef is as die absolute gesag aan die regterhand van God die Vader met al die gesag van die Drie-eenheid.
As ons Sy liggaam is, die volheid van Hom?
Waar plaas dit die ons as liggaam van Christus?
Eph 2:5-6 Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee,

Hoe is dit moontlik, want ons is tog op die aarde?
1Co 6:17 Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.
Ons gees is een met Christus en het saam met Hom ‘n plek in die hemel. So al is ons in die vlees nog op aarde is ons in die gees reeds besig om saam met Christus te heers. Altans, dis soos die Bybel dit vir ons voorhou.

Die vraag wat ons moet vra is: Is ons geestelik een met Christus?
Kan ons soos Paulus sê in Gal. 2:20 ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat Sy liefde vir my bewys het deur Sy lewe vir my af te lê.

Die enigste mag in die wêreld wat Satan se heerskappy op aarde kan teenstaan is die liggaam van Christus. Die liggaam wat deur God se Gees gelei word en heilig lewe.
Tot die mate waarin die liggaam getrou is aan die Bybelse standaarde, in daardie mate is die liggaam die preserverend invloed en is die liggaam van Christus die bepalende element.

Toe Jesus as ‘n mens vir 33 jaar op aarde geleef het sonder om een keer teen God se wil te rebelleer en aan die kruis gesterf het en daardeur die sonde van elke mens wat nageslag van Adam is, op Hom geneem het, het Hy enige reg of aanspraak van Satan op die menslike geslag vernietig. En Jesus het ons erfenis wat Adam verloor het vir ons teruggewen.
Daarom kon Jesus met reg in Mat. 28:18 sê; “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.

Nou is die vraag, as dit alles waar is en ons weet dis waar, hoekom lyk dit dan asof alles onder Satan se beheer is?
Christus het Satan se mag wettiglik oorwin en vernietig aan die kruis, maar soos wat dit met alle wetlike aksies is, moet die oorwinning afgedwing word.
Die afdwinging van die oorwinning van Christus is in die hande van Sy liggaam. Die gemeenskap van gelowiges is Sy liggaam, Sy uitvoerende gesag.
Die liggaam moet die opdragte van die Hoof, Jesus Christus, uitvoer en as die liggaam dit nie doen nie dan kom daar niks van die opdragte nie. Dan is die wil van die Hoof verydel.

Die feit dat dit lyk asof Satan in beheer is, is nie ‘n refleksie op Christus se oorwinning nie, maar wel op die onvermoë van die gesag wat dit moet afdwing…die gemeenskap van gelowiges.
Jesus sê in Mat.16:18-19 en Ek sê verder vir jou: ‘Jy is Kefa. Op Hierdie Rots sal Ek My vergadering van uitgeroeptes bou en die hekke van Sh’ol sal nie daarteen kan staan nie. Ek sal aan jou die sleutels van die Koninkryk van die hemel gee en wat jy ook op die aarde mag vasbind, sal vasgebind wees, soos dit in die hemel reeds vasgebind is en wat jy ook op die aarde mag losmaak, sal losgemaak wees soos dit in die hemel reeds losgemaak is’.”
As ons regtig die volledige oorwinning oor Satan, die krag van die bloed van Christus en die doeltreffendheid van die gesag van die gemeenskap van gelowiges van God sal verstaan. Sal die wêreld anders lyk.
Satan weet as die gemeenskap van gelowiges sy gesag opneem is dit klaar met hom.
Ons moet verstaan dat dit nie ‘n kwessie is van krag nie.
God is die soewereine krag, maar dis ‘n kwessie van gesag.
Gesag beteken die wettige reg om die krag te gebruik.
Ons as die liggaam van Christus op aarde het die gesag om in Christus ons hoof, aanspraak te maak op die krag van God en dit te gebruik tot Sy eer en die vestiging van Sy koninkryk. Hy het vir ons die sleutels van die koninkryk gegee.

Om gesag af te dwing, om te regeer. Wanneer ons met gesag bid is ons besig om namens God te regeer. Kan ek en jy daarop aanspraak maak?
Rom 5:17 Deur die oortreding van die een mens (Adam)het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.

Geld dit vir almal wat kinders van God is?
1Pe 2:9 Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendoms volk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

As seuns en dogters van die Allerhoogste God is ons ‘n koninklike priesterdom.
Rom 8:37 sê: Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhê.
Ons kan heers en ons kan oorwin. Dit is God se bedoeling vir ons.
God wil ons as Sy vennote op aarde gebruik. Hy wil deur die gebede van Sy kerk, sy liggaam instellings, kulture, gemeenskappe en regerings regeer.

Die vraag oor wie in beheer is, wentel om twee dinge.
Krag (dunamis) is die krag of mag wat nodig is om te regeer.
Gesag, outoriteit (Exousia)is die reg om te regeer, om die krag te gebruik.
God is die oppergesag en die absolute krag.
Christus het Satan se gesag, sy reg om sy mag te gebruik om te regeer ontneem

Christus het ook vir ons die gedelegeerde gesag wat Adam verloor het teruggewin
Gen 1:27-28 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”

As ons vrygekoop is van die gesag van satan en in Christus ‘n hoër gesag het, dan moet ons daardie gesag oor die werke van die duiwel uitoefen.
Luk 10:19 Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.

As God van ons , verwag om gesag uit te oefen en in oorwinning oor die werke van satan te staan, dan is dit baie belangrik dat ons ons gesagsposisie in Christus verstaan wanneer ons bid.
Ons bid in die Naam (Karakter en Outoriteit -wie Jesus is en die outoriteit wat Hy beklee) van Christus, waarin die finale gesag is.
Col 1:16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
Christus het ons die reg gegee om Sy naam (Karakter en Outoriteit) te gebruik.

Die waarheid is dat nie ons of ons families of besittings of eindbestemming, of die wêreld aan satan se genade oorgelaat is nie.
God het Sy plan met elkeen van ons gehad nog voor ons gebore is.
Psa 139:16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.

Ons het die reg om aanspraak te maak op God se plan met ons lewe, maar ons moet onthou Hy het ons die reg gegee vir Sy doel.
Efesiërs 2:10 God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Waarop dit neerkom is dat ons kan sê; Niemand behalwe Jesus het enige aanspraak op my lewe nie.
1Johannes 5:4-5 want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Ons moet absoluut oortuig wees dat Christus die absolute gesag het en dat Hy ons wil gebruik as sy instrumente, sy uitvoerende gesag op aarde.
Sover dit Christus aangaan was daar nog nooit enige twyfel oor wie op die ou einde die finale gesag oor die aarde het nie, maar wel wie saam met Hom aan die wenkant gaan wees.
Opb.11:15 die finale antwoord:: Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.”
Die intersessor wat sy oog het op die finale uitkoms bid anders.

Vra jouself af:
Glo ek in die opperste gesag van God in Christus?
Glo ek dat die gesag wat gesetel is in die Naam van Christus aan my gegee is?
Glo ek dat ek meer as ‘n oorwinnaar is in Christus?

God het die wêreld geskep vir die mens as ‘n woonplek. Hy het die mens daaroor aangestel. Gen 1:27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
Hoekom het God dit gedoen? Hy wou ‘n familie hê. Met Sy natuur, na Sy beeld geskep, Sy asem ingeblaas, met wie Hy sy planne kom deel.
Kan ons aanvaar dat God se begeerte was dat sy familie op aarde die aarde names Hom vir Hom en vir hulle self sou bestuur.
Die verhaal van die Bybel is van die begin af duidelik dat God met die mens wou saam werk.
Gen 18:17 en toe dink die Here: sal Ek vir Abraham wegsteek wat Ek wil doen?

Die gemeenskap van gelowiges is God se metode om die wêreld te regeer. Ons moet gesag neem oor ons eie lewens en saam met ons broers en susters saamwerk om die wêreld om ons te regeer. Ons is God se koninkryk se regeringsamptenare.
Dit gaan nie oor ons vermoëns nie, oor hoe goed ons kan bid nie, dit gaan bloot of ons ons gedelegeerde gesag van God verstaan en bereid is om dit te gebruik.
Wanneer ons ons gesag gebruik sal die krag van God ons gesag bevestig.
God se oorspronklike plan met die mens is weer moontlik omdat Christus ons herstel het na die posisie wat Adam gehad het voor die sondeval.

As seuns en dogters van die Allerhoogste God is ons gevul met God se natuur en Sy lewe deur die inwonende Heilige Gees, in staat om met Hom in verhouding te wees en die woonplek wat Hy vir ons gemaak het te bestuur.
Die groot vraag is of ons ons rol in die vennootskap met God in Christus sal opneem.
Gaan ek God toelaat om my te gebruik in hierdie plan van Hom of is ek net tevrede om gered te wees sodat ek eendag kan hemel toe gaan?

Wat het Jesus bedoel toe Hy gesê het in Matt 16:18-19 en Ek sê verder vir jou: ‘Jy is Kefa. Op Hierdie Rots sal Ek My vergadering van uitgeroeptes bou en die hekke van Sh’ol sal nie daarteen kan staan nie. Ek sal aan jou die sleutels van die Koninkryk van die hemel gee en wat jy ook op die aarde mag vasbind, sal vasgebind wees, soos dit in die hemel reeds vasgebind is en wat jy ook op die aarde mag losmaak, sal losgemaak wees soos dit in die hemel reeds losgemaak is’.”
Dit is die eerste keer wat die woord Kerk gebruik is. Toe Jesus die woord gebruik het, het die dissipels geen vooropgestelde idees gehad oor wat kerk is nie.
Vir die Grieke in Jesus se tyd het die woord Ekklesia (Grieks vir kerk) ‘n vergadering van mense wat eenkant gesit is om ‘n staat of ‘n nasie te regeer, dus iets soos ‘n parlement of ‘n kongres.

Toe Jesus gesê het Hy sal sy kerk bou het Hy ‘n liggaam in gedagte gehad wat Sy Koninkryk sal uitbou en regeer op aarde. Die stelling dat die magte van die doderyk nie daarteen sal standhou nie het beteken dat die regering van die bose dit nie sal oorwin nie.
Wat ‘n geweldige stelling.
Maar hoe ver daarvandaan is ons nie vandag as kerk nie. As ons so daarna kyk dan was die kerk nooit bedoel om ‘n groep onskadelike mense te wees wat Sondae bymekaar kom nie.

Satan sal enigiets doen om te verhoed dat die kerk word wat bedoel is met Ekklesia, nl ‘n regerende liggaam wat God se koninkryk uitbou en bestuur nie. Want dan kan satan, al het hy 2000 jaar gelede sy gesag en mag verloor steeds regeer.
Ons is veronderstel om ons kultuur, werkplek, stad, nasie ens infiltreer en so God se koninkryk uitbrei en namens Hom regeer.
Ons lees in Hand 17:6 “Dit is die mense wat die hele wêreld in beroering bring. Hulle is nou hier in ons stad,
Ons behoort veranderde lewens en omstandighede na te laat oral waar ons as kerk kom.
Ons moet besef dat ons God se regeringsmag op aarde is en dat die regering van die hel nie teen ons kan standhou wanneer ons die gesag van Christus gebruik nie.

Ons, die kerk van God op aarde is die geestelike regering van God op aarde. Ons maak seker wat Sy wil is en sien dan dat dit geïmplementeer word, in die geestelike realm, deur gebed en ons geestelike wapens
Jesus het gesê Hy bou sy kerk, maar dis nie die kerk wat ons gewoond geraak het nie.
Dit is God se regerings Hoofkwartier, wat God se wil onderskei en afdwing op aarde. Soos wat die ware kerk van God opstaan verloor die duiwel invloed en word God se wil duideliker.

In Heb.5:6 lees ons; Jesus is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.”
Melgisedek was ‘n priester en ‘n koning. Jesus is dus ons Hoëpriester en Koning. Dis belangrik dat ons die verskil tussen die twee funksies verstaan.
As ons Hoëpriester verteenwoordig Jesus ons by God. Dit is deur Hom wat ons toegang en vergiffenis het.
As priester verteenwoordig hy die behoeftes en begeertes van sy kinders op aarde.
As Koning verteenwoordig Hy die outoriteit van God en sien toe dat God se wil vanuit die hemel na die aarde kom.

Wat Hy doen, doen Hy deur Sy kerk, ons. Ons is ‘n span waarvan Hy die Hoof is. Ons word ook priesters genoem en is verlengstuk van Christus in sy priesterlike rol, deur die behoeftes en begeertes van die mense voor God in die hemel te bring.
1Pe 2:5 Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis, om ‘n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.

Maar ons is nie net priesters nie, ons is ook ‘n koninklike priesterdom.
1Pet.2:9 Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendoms volk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.
Rev 5:10 U het hulle ‘n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer..”
Eph 2:6 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee,
Ons sit in die gees saam met Christus in die hemel om saam met Hom te regeer as Sy verteenwoordigers op aarde.

Mat 16:19 Ek sal aan jou die sleutels van die Koninkryk van die hemel gee en wat jy ook op die aarde mag vasbind, sal vasgebind wees, soos dit in die hemel reeds vasgebind is en wat jy ook op die aarde mag losmaak, sal losgemaak wees soos dit in die hemel reeds losgemaak is’.”
Net soos wat Jesus die wil van God in situasies geproklameer het, duiwels uitgedryf het, siekes genees het en dooies opgewek het.
In die Onse Vader gebed sien ons beide hierdie funksies
Mat 6:9- 13; So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.
Die gebed begin met priesterlike intersessie Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; en verskuif dan na Koninklike intersessie laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied
Let op dat Jesus ons nie leer om te vra dat God se koninkryk sal kom en sy wil geskied nie, maar dat ons dit proklameer…spreek in situasies. Om die hemel aarde toe te bring deur proklamasie.
Dan beweeg die gebed weer terug na priesterlike intersessie deur te vra vir vergiffenis, voorsiening en beskerming.

‘n Koning se wil word deur ‘n dekreet of bevel bekend gemaak. ‘n Dekreet is ‘n amptelike besluit.
God wil hê dat ons mooi na sy stem moet luister om ‘n openbaring van sy wil te kry en dit dan te proklameer.
Om te profeteer is om die wil en hart van God te proklameer.

Wanneer ons profetiese openbaring ontvang moet ons dit uitspreek, vir ons eie lewens maar ook vir die wêreld situasies, die kerk, regering, ens.
Woorde het geweldige krag. Heb.1:3 Hy(God) hou alle dinge deur sy magswoord in stand.
God het die aarde geskep met woorde en Hy regeer deur woorde en ons moet ook. Ons sal nooit regtig regeer voordat ons die krag van woorde verstaan nie. Ons, as die kerk het die outoriteit en ons het die Woord van God om te proklameer om daarmee die planne van die hel te stop.

‘n Uitstekende Bybelse voorbeeld is Es. 37 waar God deur ‘n mens regeer en geskep het. Israel was geestelik dood en God se metode van restorasie was deur Esegiël
ES.37:4-7 Hy sê toe vir my: “Tree op as profeet vir hierdie bene en sê vir hulle: Hoor die woord van die Here, droë bene! So sê die Here my God vir hierdie bene: Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe: Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” Ek het toe as profeet opgetree soos ek beveel is, en terwyl ek dit doen, hoor ek ‘n gedreun: die bene het na mekaar toe beweeg, elkeen na die been toe wat by hom pas.

God het die bevel gegee en Esegiel het as Sy stem op aarde gefunksioneer.
Dis die Ou Testament.
Wat van die Nuwe Testament? God se metode het nie verander nie.
Mat 16:19 Ek sal aan jou die sleutels van die Koninkryk van die hemel gee en wat jy ook op die aarde mag vasbind, sal vasgebind wees, soos dit in die hemel reeds vasgebind is en wat jy ook op die aarde mag losmaak, sal losgemaak wees soos dit in die hemel reeds losgemaak is’.”
Dis die Ou Testament.
Wat van die Nuwe Testament? God se metode het nie verander nie.
Mat 16:19 Ek sal aan jou die sleutels van die Koninkryk van die hemel gee en wat jy ook op die aarde mag vasbind, sal vasgebind wees, soos dit in die hemel reeds vasgebind is en wat jy ook op die aarde mag losmaak, sal losgemaak wees soos dit in die hemel reeds losgemaak is’.”
Dit kom daarop neer dat Jesus vir ons, as Sy regering op aarde die opdrag gee om, gebaseer op Sy wil en Sy woord te verklaar wat Hy toelaat en wat Hy nie toelaat om op aarde te gebeur nie.
Ons moet baie versigtig wees om net te se wat God ons beveel.

Die Here wag dat ons as Sy kerk sal funksioneer as sy parlement en sy wil sal laat geld en die planne van satan verydel.
Efesiërs 3:10-11 Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim, soos Hy Hom van ewigheid af al voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te bring.

God het ons alles gegee wat ons nodig het om in die gees te funksioneer.
Christus het alle gesag en ons sit saam met Hom in die hemel in die gees in ‘n posisie van gesag en vanuit daardie posisie wil God deur ons die planne van die duisternis nietig maak.
Nog ‘n baie goeie voorbeeld van die invloed van gebed op die onsienlike wêreld is: 2Ki 6:15-17 Die môre vroeg het die slaaf van die man van God opgestaan, en toe hy uitgaan, sien hy ‘n leër rondom die stad, met perde en strydwaens. “Ag, Meneer!” sê die slaaf vir Elisa, “wat gaan ons nou maak? “Hy het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” Elisa het gebid: “Here, maak tog sy oë oop dat hy kan sien.” Die Here het die oë van die slaaf oopgemaak, en hy het gesien: die berge rondom Elisa was vol perde en strydwaens van vuur.
Die onsigbare magte van die hemel was die hele tyd daar, maar Elisa se dienaar kon dit nie sien nie. So is dit ook met ons. Ons moet leer om die geestelike realm te verstaan.
Jesus was ons voorbeeld. Die eerste kerk in Handelinge ook.
Ons moet leer om as deelgenote in Christus te funksioneer.

Paulus bid in Efesieërs 1:17-18 dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,
Ons heel eerste gedagte wanneer ons oor iets wil bid is om te vra; Vader, wat is U wil en strategie in hierdie saak?
Die grootste leemte in ons gebedslewe is dat ons nie genoeg die Vader vra om ons te rig deur Sy Gees nie. Jesus het gese dis tot ons voordeel dat Hy Hemel toe gaan want Hy sal vir ons ‘n Helper stuur. Die Heilige Gees is ons helper wat vir ons Giod se wil en plan openbaar.
Rom 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges

God praat met ons op verskillende maniere.
Die Skrif is die primere manier en die standaard waaraan ons alle openbaring moet oordeel. Maar God spreek ook deur die Heilige Gees direk tot ons gees, hart en gedagtes op bonatuurlike wyse, bv drome, visioene en profesie.
Hierdie is nie natuurlike kennis nie, dis openbaringskennis deur die Gees.

Daniel het gevra vir kennis om drome en visioene uit te lê. Dan 8:15-16 Nadat ek, Daniël, die visioen gesien het, het ek gesoek na ‘n verklaring daarvoor. Meteens staan daar toe voor my iemand wat soos ‘n man lyk, en ek hoor ‘n stem uit die Ulai roep: “Gabriël, verklaar vir Daniël die gesig!”
Daarmee sê God nie dat ons verstand en kennis moet verwerp nie, maar Hy leer ons om nie net op ons eie menslike verstand en onderskeiding staat te maak nie.
Daar is verskeie beginsels wat die gesag waarin ons optree bepaal.
Ons het almal potensieel dieselfde gesag, maar verskillende dinge beïnvloed die gesag.

Die vlak van reinheid.
Psa 24:3-4 Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy. en geen vals eed aflê nie.

Ons gehoorsaamheid is aan God.
- Ons insig in God se Woord en Sy wil.. Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; (OV)
- Sonder kennis van God se Woord kan ons nie geloof hê nie Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. (OV)
- God kan die wat soos Hy dink en begeer wat Hy begeer met meer verantwoordelikheid en groter gesag vertrou.
- Ons vermoë om na God te luister en sy wil te onderskei.
1Jn 5:14-15 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra - Wanneer ons vir ander mense bid kan sonde in die persoon se lewe en onopgeklaarde kwessies in sy verhouding met God ‘n invloed hê op die gesag wat jy het om die beloftes van God se Woord vir hom op te eis.
- Wanneer God ‘n opdrag gee, gee Hy ook die outoriteit om die opdrag uit te voer..
‘n Pastoor of leier het meer gesag om vir sy gemeente te bid.
Ons moet altyd in gedagte hou dat dit gedelegeerde gesag is wat God aan ons beskikbaar stel.
Sonder Christus kan ons niks doen nie.
Maar met Christus as ons Hoof en die Heilige Gees as ons Helper is ons toegerus om die bose te oorwin en God se Koninkryk op aarde te vestig. Laat dit nie van ons gesê word soos van Efraim nie.. Psa 78:9 Die Efraimiete was goed gewapen en bedrewe met die boog, maar toe die geveg begin, het hulle gevlug.
Satan probeer om ons moedeloos te maak, bang te maak en deur ongeloof en selfvoldaanheid God se tydsberekening en plan vir ons te mis.
Kom ons bid en vertrou die Here vir nuwe geestelike energie en fokus, vir ‘n vaste wil om nie toe te laat dat die vyand sal staande bly teen die kerk van God nie. Dat die kerk Kerk sal wees soos wat God dit bedoel het dat ons sal wees