Forum

Notifications
Clear all

Geestelike Oorlogvoering deur Corrie Huyser

1 Posts
1 Users
0 Reactions
75 Views
(@prepare)
Member Admin
Joined: 8 months ago
Posts: 25
Topic starter  
Geestelike Oorlogvoering deur Corrie Huyser
Die belangrikste bestanddele van ons geestelike immuunstelsel is ons vertroue en toewyding aan God, as jou vertroue ondermyn word is jy ‘n maklike teiken vir die vyand. Ons kan sê dat die toestand van ons geloof ons geestelike pols is en ‘n goeie polsslag is onontbeerlik vir ‘n gesonde geestelike lewe. Die vyand se aanvalle is altyd gerig daarop om die Christen se geloof te ondermyn, hoekom? Want deur geloof is ons gered en sonder geloof is dit onmoontlik om te doen wat God wil.
“n Engelse aanhaling is
“The heart of the battle is the battle for the heart”
S.D. Gordon het gesê, “Prayer s striking the winning blow….. service is gathering up the results….”. In Afrikaans kan ons dit vertaal as, “gebede slaan die wen slag….. die hou van kerk dienste is om die resultate bymekaar te maak….”.
In Eksodus 17:8-15 lees ons van Yoshua wat teen Amalekiete geveg het terwyl Moses, Aaron en Hur die geveg in die gees teen die demoniese magte gewen het. Gebed is waar die aksie is, as intersessor is jy in die voorste linie van die geestelike konflik saam met die evangelis en prediker. Net die Heilige Gees kan mense vry maak van die mag van Satan, en dis gebed wat die krag van die HG vrystel.
Daniel 10:12-15 … God het besluit dat die Israeliete kan terug gaan maar hy het ‘n mens gesoek om dit af te dwing. Die geveg wat in die onsigbare afgespeel het was deurslaggewend, maar Daniel se gelowige gebed was nodig omdat God in liefde ons deel maak van Sy werk, (Hudson Tylor het gesê dat God aan hom geopenbaar het dat die werk is God se werk, ons werk is om in Hom te vertrou) nie om God te probeer oorreed nie maar om die weerstand van die vyand om geloof te ondermyn te oorkom.
Baie gebede bly onbeantwoord omdat die bidder moeg of moedeloos word en opgee, sy vertroue verloor dat God dit sal doen. Moses moes die hele nag in vertroue staan dat God die pad deur die see sal maak. Ons moet ook die Woord in Hebreërs 11:6 Sonder vertroue kan geen mens Hom tevrede stel nie, want hy wat nader aan God gebring word, is dit verskuldig om te vertrou dat Hy bestaan en die Beloner is van dié wat Hom soek.
Lofprysing en aanbidding
Daar word baie meer van lofprysing in die Bybel gepraat as van gebed. Lofprysing is die belangrikste werk en die liggaam van Christus onderskat die waarde en belangrikheid van lofprysing.
Die vyand vrees lofprysing want God manifesteer Sy teenwoordigheid waar Hy geprys word (Ps.22:3) en waar God teenwoordig is moet die duiwel vlug, want hy weet dat hy reeds oorwin is, deur die kruisiging en opstanding van Jesus Christus. Lofprysing oorwin die vyand en grootste teenstander van geestelike oorlogvoering. Lofprysing en aanbidding verskuif ons fokus van onsself na die Here sodat ons, onsself vergeet en ons eie onvermoë nie die fokus is nie, maar God en Sy vermoë. Selfs al verander lofprysing nie die situasie nie verander dit die bidder deur ons te oortuig dat God in beheer is. Ons kom nader na God en God kom nader aan ons. Lofprysing is soos ‘n deur wat na beide kante toe swaai, God kom na ons en ons gaan na God.
Die vyand wil ons van God af wegdryf deur ons geloof in God se goedheid ondermyn.
Gebed oorlogvoering is opleiding vir “oorwinnaars”. As daar nie iets was om te oorwin nie dan was daar nie sprake van oorwinnaars nie.
Die kerk van Jesus Christus is die enigste mag wat die vyand se algehele beheer oor die mens teenstaan, en handhaaf die balans in wêreldsake en in die redding van mense.
Die vyand is oorwin, maar hy voer ‘n guerilla tipe oorlog, waar hy desepsie gebruik om te kenne te gee dat hy outoriteit het. Jesus Christus het egter hierdie outoriteit terug geneem en die mag van die vyand wetlik vernietig aan die kruis. Die Kerk wat erken dat Jesus die Seun van God is, moet Christus se oorwinning afdwing op aarde. Jesus het Sy kerk die gedelegeerde gesag gegee. Ons staan letterlik tussen God en die outoriteit gesetel in die Naam van Jesus en die duiwel met sy vernietigingsmag.
Ons stryd is ‘n geestelike stryd en daarom durf ons in geen stadium die vyand aanvat in ons menslike krag of outoriteit nie. Ons moet te alle tye gelei word deur die Heilige Gees. Soos in enige oorlog is dit van kardinale belang dat ons luister wat die Bevelvoerder sê so in Jakobus (Jas 4:7 [PWL])
Wees dan gehoorsaam aan God en staan op teen die teëstander en hy sal van julle af wegvlug.
Ons moet hoor en doen (gehoorsaam wees) wat ons Vader sê en nie reageer op eie emosies nie.
Jesus het die finale oorwinning oor die vyand behaal. Die vyand weet dat hy reeds oorwin is en niks kan doen om dit te verander nie daarom rig hy sy aanvalle op die kerk van Jesus. Hy weet ook dat dit die kerk is wat die oorwinning op aarde moet afdwing in Jesus se Naam, daarom sal hy alles doen om die doeltreffendheid van die kerk te vernietig, veral deur die eenheid van geloof te ondermyn.
Elke individuele Christen is ‘n teiken vir sy wraak aanvalle, ons keuse is om slagoffer of oorwinnaar te wees.
Al voel ons onbekwaam moet ons weet dat ons gesag nie in ons gesetel is nie, maar in die Naam van Jesus, ons moet net staan op Sy oorwinning.
Dit is uiters belangrik dat ons sal onthou dat ons geveg ‘n geestelike stryd is en dat ons dit as God se verteenwoordigers veg en met die outoriteit wat Hy aan ons gegee het.
Jesus leer ons bid, “Laat U koninkryk kom en U wil geskied”, ons geveg is daarop gefokus, sodat die Koningkryk kan kom, daarom is ons geveg daarop gerig om alle pogings van ondermyning van God se Koningkryk, wat reg en geregtigheid is teen te staan.
Daar is ‘n element aan geestelike oorlogvoering wat ons nooit moet ignoreer nie, en dit is die aantrekkingskrag van die wêreld. Ons is geneig om te dink dat die aanvalle van die bose net van die vyand se domyn, nl die hel af kom, maar ons moet onthou dat die wêreld onder die invloed van die vyand en sy demone is. Omstandighede kan dus deur hom beïnvloed, geen element van menslike omstandighede is gevrywaar van sy aanvalle nie
Daar is geen niemandsland nie, dis ‘n een of die ander situasie. Dis lig en donkerte, daar is nie ‘n grys area nie, jy kies waar jy jouself skaar. Ons as Christene is nie gevrywaar van hierdie dinge nie, maar ons kan besluit of ons daardeur beïnvloed gaan word. Ons moet onthou dat ons ‘n ander Heerser het wat sterker is as ons vyand, Jakobus .4:7
Geestelike oorlogvoering is baie soos oorlog in die natuurlike, sommige beginsels is dieselfde.
Jy moet weet daar is ‘n oorlog…
Jy moet kies aan watter kant jy is en hoekom…
Jy moet weet wie jou vyand is en hoe om hom te herken…
Jy moet jou wapens ken en weet hoe om dit te gebruik en ook gewillig wees om dit te gebruik…
Jy moet weet van watter posisie jy veg…
Jy moet verstaan dat daar geen neutrale gebied is nie.
Die oorlog het begin toe Lucifer uit die hemel gegooi is oor sy rebellie teen God en sedertdien is sy wraak teen God en Sy kinders gerig, hy sal alles doen om te mislei, aan te kla en te vernietig.
Ons moet ons self ‘n paar vrae vra oor hoekom ons die vyand toelaat om te wen.
Haat ons sonde soos wat God dit haat?
Wat beteken dit vir my dat God se wil en plan skade ly omdat die wêreld onder die mag van die vyand is?
Het ek die hart van ‘n Dawid vir die geveg omdat God se naam op die spel is?
(1Sam 17:26 [PWL])
Toe praat Dawid met die manne wat by hom staan en sê: “Wat sal vir die man gedoen word wat hierdie F’lishtyn doodmaak en die smaad van Yisra’el af wegvat? Wie is hierdie onbesnede F’lishtyn dat hy die leërmagte van die lewende God uittart?”
 


   
Quote

Leave a reply

Author Name

Author Email

Title *

Preview 0 Revisions Saved
Share: