Notifications
Clear all
Topic starter
12/04/2025 9:37 pm
Gebed is ‘n verhouding deur Corrie Huyser
Gebed is ‘n verhouding, ‘n liefdesverhouding, ‘n volgehoue, groeiende liefdesverhouding met die Skepper van die hemel en die aarde en Sy Seun Jesus Christus.
Ons begeer om te kan bid en tog skram ons weg van gebed.
Ons sien gebed as iets wat ons behoort te doen. Selfs wil doen, maar daar is dikwels ‘n groot kloof tussen ons bedoelings en werklike gebed.
Ons begeer om te kan bid en tog skram ons weg van gebed.
Ons sien gebed as iets wat ons behoort te doen. Selfs wil doen, maar daar is dikwels ‘n groot kloof tussen ons bedoelings en werklike gebed.
Ons het baie redes. Ons is te besig, maar besig wees hou ons nie weg van eet en slaap nie.
Dan is daar die gedagte dat ons alles mooi reg moet hê om te kan bid.
Ons moet meer weet van gebed.
Ons moet seker maak van ons motiewe voor ons bid, ens.
Die gevolg van al hierdie self ondersoek is dat ons nooit by bid uitkom nie.
Ons moet meer weet van gebed.
Ons moet seker maak van ons motiewe voor ons bid, ens.
Die gevolg van al hierdie self ondersoek is dat ons nooit by bid uitkom nie.
Ons motiewe sal nooit suiwer genoeg wees nie, ons sal nooit goed genoeg wees of genoeg weet om reg te kan bid nie.
Dis suiwer genade, soos wat ons deur genade gered is so sal ons ook deur genade leer bid.
Dit is deur die intieme interaksie met God dat hierdie dinge reg gestel word. God ontvang ons net soos ons is.
Dis suiwer genade, soos wat ons deur genade gered is so sal ons ook deur genade leer bid.
Dit is deur die intieme interaksie met God dat hierdie dinge reg gestel word. God ontvang ons net soos ons is.
Ons begin deur bloot ons versoeke, behoeftes en bekommernisse met God te deel. Ons maak foute en bely dit en begin weer.
Daar is geen pretensie, geen poging om reg te bid of slim te bid nie.
Daar is geen pretensie, geen poging om reg te bid of slim te bid nie.
Ons word dikwels geleer om liewer nie vir ons eie behoeftes te bid nie, maar dis waar ons begin. Die enigste manier wat ons verby hierdie selfgesentreerde gebed sal kom is om daar deur te kom, nie dit te vermy nie.
Moses het by God gekla oor sy probleme met die Israeliete.
Num 11:11 Moses sê toe vir die Here: “Waarom behandel U my so sleg, waarom is U my nie goedgesind nie, dat U die verantwoordelikheid vir hierdie hele volk op my gelaai het?
Kort voor lank het hy vir hulle begin bid.
Exo 32:32 Vergewe tog hulle sonde. As dit nie kan nie, moet U my naam maar uitvee uit die boek wat U geskrywe het.”

Waar begin ons? Net daar waar ons is.
Ons begin deur ons belewenisse voor God te bring.
Ons praat eerlik en openlik met God oor dit wat in ons lewens gebeur.
Dinge wat ons kwaad maak, seermaak, bang maak.
Dis ‘n doodgewone gesprek met God oor doodgewone dinge.
Ons praat eerlik en openlik met God oor dit wat in ons lewens gebeur.
Dinge wat ons kwaad maak, seermaak, bang maak.
Dis ‘n doodgewone gesprek met God oor doodgewone dinge.
Ons bring dit wat in ons is voor God, nie dit wat ons dink in ons behoort te wees nie. Iewers het ons begin dink dat godsdiens iets is waar ons ‘n front moet voorhou… die dominie en die kerkmense en die Here moet net die ‘heilige’ kant van my sien.
Praat met God oor die slegte dinge waarmee jy sukkel. Dit help nie om dinge vir God weg te steek nie, wees eerlik ook oor sonde, wanneer ons sonde probeer wegsteek dan bring dit skeiding.
Vra God om die dinge in jou hart vir jou te wys.
Vra God om die dinge in jou hart vir jou te wys.
Psa 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!
Ons soek nie verskonings nie, ons wil weet sodat ons genesing kan ontvang. God sal ons die dinge wys wat ons nodig het om te sien, wanneer dit nodig is.
Ons soek nie verskonings nie, ons wil weet sodat ons genesing kan ontvang. God sal ons die dinge wys wat ons nodig het om te sien, wanneer dit nodig is.
Ons kan net dit wat ons is vir God aanbied, nie dit wat ons graag wil wees nie.
Gebed is ‘n liefdesverhouding en net een ding is nodig en dit is liefde.
Is ek lief vir die Here?
Weet ek dat Hy lief is vir my?
Weet ek dat Hy lief is vir my?
Wanneer ons besef dat God ons net soos ons is aanvaar kom ons ook by selfaanvaarding uit.
Sondebelydenis is die natuurlike volgende stap.
Ons bely nie net die verskillende sondes wat ons doen nie, maar ons bely die feit dat ons sondaars is.
Oorgeerfde sonde van Adam af… ons sondige natuur.
Ons bely nie net die verskillende sondes wat ons doen nie, maar ons bely die feit dat ons sondaars is.
Oorgeerfde sonde van Adam af… ons sondige natuur.
Die wortel van ons sonde is ons ongeloof, onwilligheid om God te vertrou. Dit veroorsaak skeiding tussen ons en God.
Ons erken en bely ons gebrek aan geloof, ons hardheid van hart, ons selfgenoegsaamheid.
Alles, laat niks uit nie, moenie rasionaliseer nie. God sal vergewe en ons reinig.
1Jn 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Nou ontvang ons Sy vergiffenis.
Aanvanklik is ons self die spil waarom ons gebed gaan, maar geleidelik verander dit en word God die middelpunt.
In die begin dink ons aan God as deel van ons lewens en algaande word ons bewus dat ons deel is van God se lewe.
In die begin dink ons aan God as deel van ons lewens en algaande word ons bewus dat ons deel is van God se lewe.
Ons begin verstaan dat Christenskap nie oor my gaan nie maar oor Christus.
Ons begin besef dat dit nie gaan oor my wil nie maar oor Sy wil en dit bring ons by oorgawe.
Waar ons soos Christus in die tuin van Getsemanie sê; Nie my wil nie maar U wil.
Ons begin besef dat dit nie gaan oor my wil nie maar oor Sy wil en dit bring ons by oorgawe.
Waar ons soos Christus in die tuin van Getsemanie sê; Nie my wil nie maar U wil.
God se plan is dat ons soos Paulus sal sê; Ek is saam met Christus gekruisig, want dan kan God deur ons werk tot Sy verheerliking en die uitbouing van Sy koninkryk.
Dit bring ons by bevryding van ons eie wil en by omgee vir ander.
God wil nie ons wil vernietig nie, maar Hy wil dit verander om soos Sy wil te wees.
God wil nie ons wil vernietig nie, maar Hy wil dit verander om soos Sy wil te wees.
Trots en vrees het ons op ‘n veilige afstand van God gehou, maar soos wat die weerstand teen intimiteit wegraak neem geloof en liefde oor en beweeg ons nader aan intimiteit.
Hoe meer ons bewus word van wie God is hoe groter word ons behoefte om Hom te aanbid.
Ons hart verlang daarna om God te eer en Sy Naam groot te maak. Ons wil God vereer vir wie Hy is.
Ons soek nie meer iets anders as Sy verheerliking nie, ons fokus is nou op Sy goedheid.
Aan die een kant dank ons Hom vir wat Hy vir ons doen en ons prys Hom vir wie Hy is.

Jesus bring lof aan die Vader in Luk 10:21 By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde,
Ons hoef nie alles perfek te hê om te kan bid nie.
Die Heilige Gees help ons, verfyn as’t ware ons swak en selfgesentreerde gebede. Van trompie na simfonie
Die Heilige Gees help ons, verfyn as’t ware ons swak en selfgesentreerde gebede. Van trompie na simfonie
Rom 8:26-27 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.
Ons het ‘n Hoepriester wat vir ons intree Heb 7:25 Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.
Weet ek wat dit beteken?
God die Heilige Gees in my bid deur my tot die Hemelse troon waar God die Seun vir my intree en God die Vader gebruik ons gebede in ‘n volmaakte gesprek.
Geweldig!!!
God die Heilige Gees in my bid deur my tot die Hemelse troon waar God die Seun vir my intree en God die Vader gebruik ons gebede in ‘n volmaakte gesprek.
Geweldig!!!
Hier word ons gebed werklik die gebed van ons hart. God luister na ons hart en Hy antwoord die gebed van ons hart.
Gal 4:6 En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader!
Wat ‘n voorreg om op so’n intieme wyse met God Almagtig te kommunikeer deur die Heilige Gees wat in ons woon. Hier is dit die Heilige Gees wat die inisiatief neem.
Ons het aan die einde van onsself gekom en die Heilige Gees bid nou met sugte te diep vir woorde.
Ons het aan die einde van onsself gekom en die Heilige Gees bid nou met sugte te diep vir woorde.
Liefde is die antwoord van ons hart op die goedheid van God.
Gebed is ‘n liefdesverhouding.
Dis ‘n groeiproses.
Dis verandering.
Deur gebed begin ek verander en God kan my gebruik om die wêreld te verander
Gebed is ‘n liefdesverhouding.
Dis ‘n groeiproses.
Dis verandering.
Deur gebed begin ek verander en God kan my gebruik om die wêreld te verander