Forum

Notifications
Clear all

Geloof wat werk deur die liefde

1 Posts
1 Users
0 Reactions
45 Views
(@prepare)
Member Admin
Joined: 8 months ago
Posts: 25
Topic starter  

Mattheus 7 is ‘n waarskuwing wat ons moet ontvang uit die hand van ‘n liefdevolle Vader en Sy Seun Jesus Christus, wat se dat nie elkeen wat se Here, Here sal die koninkryk beërwe nie, maar hy wat die wil van die Vader doen. Baie sal egter se Here, Here , het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uit gedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie. En dan sal Ek aan hulle se: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat ongeregtigheid werk.

Hoe moet ons hierdie Woord verstaan, ons kan dit nie verstaan totdat ons besef dat goeie werk nie tot verlossing lei nie, maar dat verlossing tot goeie werk lei. Net so kan mens se jou werke bepaal nie jou geloof nie, maar openbaar jou geloof vanuit ‘n lewende verhouding met Jesus Christus en ons Hemelse Vader. Soos Jakobus verduidelik in Jakobus 2, iemand sal se, jy het geloof maar ek het werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Hierdie konsep is moeilik te verstaan as jy werke koppel aan werk sonder die hart of die motief. Paul se dat in Jesus is ons nuut geskape sodat ons die goeie werke kan doen wat God vir ons bepaal het van voor die grondlegging van die aarde.

Ons moet besef dat in die Koninkryk is God gerig op die verhouding en die werke is die gevolg van die verhouding en nie andersom nie. Eva se werke, die eet van die boom van kennis van goed en kwaad, was tot ongeregtigheid gereken. Waar Abraham is gehoorsaamheid deur sy werk tot geregtigheid gereken is. Die verskil was Eva se werk was beïnvloed deur die vlees en eie belang, waar Abraham se werk beïnvloed was deur gehoorsaamheid vanuit ‘n liefdes verhouding sonder om eie belang te ag te neem.

Jesus het in die tuin van Getsename nie Homself geag nie, maar die wil van die Vader om Sy liefde aan die wêreld te openbaar deur Sy Seun Jesus Christus.

Johannes 3:16  “want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy enigste gebore Seun Jesus Christus gestuur het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore gaan nie maar die ewige lewe kan beërwe”. Jesus het dan ook gesê in Johannes 17 dat soos die Vader Hom gestuur het, so stuur Hy ons in die wêreld in. Ons doel is dus om wat ons ontvang het ook met die wêreld te deel, en ons het die liefde van God ontvang soos geopenbaar deur Sy Seun Jesus Christus, daarom moet ons die liefde deel wat ons ook in liefde ontvang het.

In Mattheus 7 het Jesus die werk gekoppel aan die vrug, deurdat Hy ons waarsku van die valse profete wat wel die werke het maar nie die vrug dra nie. Watter vrug word na verwys, goeie en slegte vrug, en dit word bepaal aan die hand van die boom. Met ander woorde, wat die oorsprong van die werk bepaal die goeie of slegte vrug. Ons is deel gemaak van die Huishouding van God in Jesus Christus en kinders van ons Hemelse Vader. Ons werk vanuit ‘n verhouding as kinders van ons Hemelse Vader en werk dus vanuit dieselfde verhouding as ons Heer en Verlosser Jesus Christus die Seun van God. God is liefde so die oorsprong van God se werk of die werk van Sy kinders is liefde, liefde geopenbaar in Jesus Christus soos in 1 Johannes 4:9.

Die waarskuwing van Jesus hou verband met werk wat nie uit die oorsprong van God is nie, waarvan die liefde as vrug deur die werk geopenbaar sal word. Paulus brei uit m.b.t. die liefde deur te se dat daar ‘n beter weg is tot die gawes van God, die gawes wat werk deur die liefde. Die liefde wat ons ontvang het is die vrug van God se werk geopenbaar.

Ons kan waarskynlik nog baie se, maar met verwysing na Mattheus se Jesus dat die een wat luister na die Woord wat Hy spreek is soos iemand wat sy huis op ‘n rots bou en hy wat nie luister nie is soos iemand wat sy huis op sand bou. Ek glo hierdie waarskuwing is tweeledig, vir die een wat voor gepreek word maar meer nog vir die een wat die Woord verkondig.

Ten laaste wil ek met Paulus se woorde eindig in 1 Korintiërs 13:13 “En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde". Ons moet dit so lees, dat ons geloof is gefondeer in Johannes 3:16 en ons hoop in Romeine 8:31-39, en beide is in liefde aan ons geopenbaar, daarom weet ons dat niks ons van die liefde van God, geopenbaar in Jesus Christus, kan skei nie.


This topic was modified 5 months ago by admin

   
Quote

Leave a reply

Author Name

Author Email

Title *

Preview 0 Revisions Saved
Share: