Notifications
Clear all
Topic starter
12/04/2025 10:04 pm
Die Tabernakel ‘n skaduwee van ons die tempel.
Kom ons lees Eksodus 25 vers 8 en 9 “Hulle moet ook vir my ‘n afgesonderde plek maak sodat ek tussen hulle kan bly volgens alles wat Ek jou gaan wys, die bloudruk-plan van die tabernakel en die bloudruk-plan alles wat daarby hoort so moet julle dit maak”
Die vraag wat ons, onsself moet afvra is, kan ‘n gebou ‘n heilige plek wees? ‘n gebou soos die tabernakel? Dit is die Here se teenwoordigheid wat heilig maak, nie die gebou nie. Kom ons herinner ons net weer aan wat Vader God sê, daar moet ‘n heilige plek gemaak word volgens die bloudruk-plan van die tabernakel waar God kan bly.
‘n Heilige plek is ‘n afgesonderde plek, of in Engels “a consecrated place”. Die Hebreërs woord is Mik-dawsh wat verwys na ‘n heilige plek. Dit beteken dat indien ons in die teenwoordigheid van God wil kom, moet ons afgesonder/heilig wees. Die tabernakel en alles wat daarby hoort, is nie die afgesonderde plek nie, dit is die bloudruk tot afgesonderdheid.

Die tabernakel is die voorbeeld wat die Vader vir ons gegee het om vir ons te help om afgesonderd vir Hom te lewe en in verhouding tot Hom. Ons moet onsself daaraan herinner dat Adam en Eva saam met God gewandel het, tot hulle, hulself verwyder het uit God se teenwoordigheid en weggekruip het vir God a.g.v. hulle onreinheid/naaktheid (sonde).
So, hoe werk hierdie bloudruk-plan wat God vir ons gegee het sodat ons in ‘n lewende verhouding kan kom tot ons Almagtige, Alomteenwoordige, Alsiende, Alwetende, Heilige God?
Paulus sê die Ou Testament is ‘n skaduwee van dit wat moet kom, ook in Hebreërs 9 word weer verwys na die tabernakel as ‘n skaduwee en ‘n proses om ons te wys hoe om in Vader God se teenwoordigheid, wat deur die Allerheiligste verteenwoordig was, te kom.
Interessant, en belangrik om daarop te let, in Eksodus is die wierook altaar in die Heiligdom wat voor die Allerheiligste is en in Hebreërs staan geskrywe van die Ark van die verbond en die wierookaltaar wat in die Allerheiligste is. Hoekom is dit so? Ons moet besef dat die skrywer van Hebreërs skryf uit ‘n nuwe testament perspektief, waar Jesus reeds vir ons die pad oopgemaak tot ons Hemelse Vader deur die volledige werk aan die Kruis. Nou kry ons toegang tot God deur wat Jesus gedoen het vir elkeen van ons. Hy is die weg, die waarheid en die lewe en vat ons deur die hele proses sodat ons afgesonderd in die teenwoordigheid van God kan leef. Soos daar geskrywe staan in 2 Korintiërs 10:3-5 want hoewel ons in die uiterlike liggaam lewe, maak ons nie oorlog volgens die vleeslike nie, want die wapens van ons oorlog is nie van die vlees nie, maar vanuit die krag van God en daarmee onderwerp ons rebelse vestings, ons breek argumente en elke hoë skeiding wat teen die kennis van God opgerig word, af en neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Die Gesalfde Een (PWL)

In Romeine 12:1-2 sê Paulus dat ons, ons liggame ‘n offer moet maak.
“ My broers, daarom
smeek ek julle, deur die guns van God dat julle jul liggame beskikbaar stel as lewende,
afgesonderde en aanvaarbare offers vir God; dit is julle logiese dienswerk en moenie hierdie
wêreld navolg nie, maar word verander deur die vernuwing van julle denke en julle sal kan
onderskei wat die goeie, aanvaarbare en volmaakte wil van God is.”

Christus is die Woord wat lewend geword het, in die nuwe bedeling kan ons altyd in die teenwoordigheid van God, ons Hemelse Vader wees. Die skeiding is die sonde, net soos
met Adam en Eva, volgens die Woord moet ons nou daarop let om selfs nie in ons gedagtes te sondig nie, maar dit gevange neem in gehoorsaamheid. Jesus het die wet in vervulling gebring en nou moet ons gedagtes ook in gehoorsaamheid tot die wet van God wees.

Daarom moet ons elke dag keuses maak om reg te wandel en dit impliseer om elke dag jou kruis op te neem. Jy moet elke dag jou kruis opneem en alles bedink wat lieflik en loflik is, ons word versoek om negatief te dink en dan moet ons, onsself dissiplineer om dit te dink wat eerbaar en waar is…
Filippense 4:8-9 daarom, my broers: voed julleself met alles wat waar is, alles wat eerbaar
is, alles wat onskuldig en opreg is, alles wat skoon is, alles wat mooi is, alles wat
prysenswaardig is en daardie werke van lof en eer, wat geprys word. Hierdie dinge wat
julle geleer, ontvang, gehoor en in my gesien het, doen dit en die God van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed sal by julle wees.

Ook volgens Kolossense 3:1 “As julle dus saam met Die Gesalfde Een opgestaan het, soek die dinge daarbo waar Die Gesalfde Een is en aan die regterhand van God sit.”
Ons moet ons gedagtes, wil en emosies saam met Jesus Christus in hemelse plekke vestig. In Jesus, is die pad oop gemaak tot die Allerheiligste en kan ons nou in die Allerheiligste ingaan, nie met ons vlees nie maar in Gees en in Waarheid. Daarom bedink ons in die Gees dit wat waar is en dit wat loflik is.

Wat is die aard van die nuwe verbond?. Volgens Jeremiah 31:31-33 Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה) ”Vader God) wanneer Ek met die huis van Yisra’el en die huis van Y’hudah ’n nuwe verbond sal sluit, nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle aan die hand gevat het om hulle uit die land van Mitzrayim (Egipte) uit te bring nie; My verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék Meester oor hulle was,” verklaar יהוה .Hierdie is egter die verbond wat Ek ná daardie dae met die huis van Yisra’el sal sluit,” verklaar יהוה” : Ek sal My wet binne-in hulle sit en dit op hulle verstand, wil en emosie skryf en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees.
Wat interessant is, is toe God vir Moses die opdrag gegee het om die tabernakel te maak, het hy eintlik gesê sodat ek in julle midde kan wees! Die Engelse woord “abide” beskryf
hierdie begrip baie goed. Dis dieselfde wat Jesus gebruik het in Johannes 15:3-5 Julle
is nou reeds rein deur die boodskap wat Ek vir julle gebring het. Bly voortdurend in My, soos Ek in julle. Net soos die tak geen vrugte kan dra uit homself, as dit nie in die wingerdstok bly nie, net so julle ook, as julle nie voortdurend in My bly nie. אנא אנא – Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Wingerdstok, julle is die takke. Wie voortdurend in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

Die bedoeling is dat ons kan vrug dra tot eer van God ons Vader en Sy Seun Jesus Christus. So ook het Jesus gesê, waar twee of drie bymekaar kom, daar is Hy in ons midde, so bly ons deur gebed in Hom. Met verwysing na Jesus se gebed tot die Vader in Johannes 17 het die vervulling van wat God gesê het vir Moses gekom, daarom het Jesus gesê breek die tempel af en in drie dae sal Hy dit herbou.
As ons nou die vraag vra, waar is die heilige plek? Dan is die antwoord in ons as liggaam
van Jesus Christus, vir ons het die tabernakel as bloudruk-plan in vervulling gekom, vir
die wat gekies het om hulle gedagtes gevange te neem in Jesus Christus en op hemelse
plekke te vestig.
van Jesus Christus, vir ons het die tabernakel as bloudruk-plan in vervulling gekom, vir
die wat gekies het om hulle gedagtes gevange te neem in Jesus Christus en op hemelse
plekke te vestig.
Paulus bevestig dit in Efesiers 2 vers 19 tot 22 “Julle is darem nie meer vreemdelinge en
besoekers nie maar inwoners van die stad van die afgesonderde een en kinders van die familie van God. Julle word opgebou op die fondasie van die afgevaardigdes en die profete. Julle word opgebou op die fondasie van die afgevaardigdes en die profete, met Yeshua (Jesus), Die Gesalfde Een, self die Hoeksteen van die gebou. In Hom word die hele gebou aanmekaar gesit en dit groei tot ’n afgesonderde tempel in eenheid met יהוה) Skepper God) terwyl julle ook vir Hom gebou word tot ’n blyplek van God in die Gees.” Hier sê Paulus presies wat God vir Moses gesê het, maak vir my ‘n afgesonderde plek.

Toe Jesus by die tempel kom, was Hy ontsteld met wat Hy gesien het en het gesê : ”My Vader se huis is ‘n huis van gebed, maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak.” Jesus verwys na die afgesonderde plek as ‘n huis van gebed, so moet ons wees as ons in die Vader se huis wil wees of in Sy afgesonderde plek wil wees, ‘n huis van gebed. ‘n Huis van gebed is dus ‘n plek waar God en Sy Seun Jesus Christus in ons midde bly en ons in Hom bly.
Johannes, wat na homself verwys as die dissipel vir wie Jesus lief gehad het, het so na dit
gekyk in 1 Johannes 1:1 -3 Ons het aan julle die goeie boodskap verkondig van Hom wat vanaf die aanvang was, Hy vir Wie ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien en ervaar het en met ons hande aangeraak het; Hy wat die Boodskap van Lewe is. Die Lewe is openbaar en ons het gesien, ons getuig van en verkondig aan julle die Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons openbaar is. Hy vir Wie ons gesien en gehoor het, openbaar ons ook aan julle sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê en ons gemeenskap is met die Vader en met Sy Seun, Yeshua (Jesus), Die Gesalfde Een.

Johannes se fokus om die evangelie te verkondig is ook daarop gefokus dat die wat dit hoor in verhouding kan kom tot God die Vader en Jesus Christus Sy Seun. Weereens bevestiging dat ons Vader se Huis ’n huis van gebed is. Jesus is die bemiddelaar waar twee of meer mense bymekaar is, ‘n man en ‘n vrou of twee broers in Christus, en twee susters in Christus bymekaar is, daar is Christus in ons midde. Ons Vader se Huis, is ‘n afgesonderde plek van gebed waar Hy en Sy Seun in ons midde is. Maar sonde is steeds die enigste ding wat ons van God verwyder, daarom is dit belangrik dat ons, ons gedagtes afsonder tot God, ook in dit wat ons sien of na luister.
Daar staan geskryf dat ons oë is ‘n venster vir ons siel waardeur alles in kom. As jy toelaat dat jou oë aanskou wat jy nie moet sien nie, beïnvloed en besoedel dit jou gedagtes, en so jou liggaam as afgesonderde plek vir God en Sy Seun Jesus Christus.
Tydens die Eksodus van Israel het van die Israeliete vir Moses gevra, wie het hom aangestel om vir hulle te sê wat hulle moet doen, is hy die enigste een wat met God praat. Moses sê toe vir hulle dat elkeen sy eie offer voor God moet bring en dan kyk hul wat gebeur. Toe hulle dit klaar gedoen het, sê God vir Moses, verwyder jou van hulle kamp, en hulle is deur die aarde ingesluk! Die punt is, ons moet onsself afsonder van ongeregtigheid en onpartydig opreg voor God en Sy Seun Jesus Christus leef. Dit gaan nie oor kompetisie nie, dit gaan nie oor wie die beste is nie, dit gaan nie oor wie die beste preek of bid of wie die meeste wonderwerke doen nie. Dit gaan oor of jy ‘n afgesonderde plek vir God Almagtig is, of laat jy toe dat jou liggaam besoedel word deur die wêreld. Jy is die tempel van die Here, jy kan nie met jou een voet in die wêreld staan en die ander voet die Here probeer dien nie. Dis “all-out” vir God wat beteken jy draai jou weg van die wêreld. Iets wat my baie getref het in die Woord is, dat jy in “enmity” met God is, as jy deel is van die wêreld. Dan is jy eintlik God se vyand mense besef nie hoe belangrik hierdie woord is nie naamlik dat jy jou totaal en al moet “commit”/ toewy aan God, Sy wette en Sy verordeninge. As ons toelaat dat ons Vader se huis van gebed met die wêreld besoedel word, maak ons dit weer “n spelonk van rowers. Dis die suurdeeg kwessie, n bietjie suurdeeg beïnvloed die hele brood. Dis nie wat die Here wil hê nie, die Vader sê maak vir my heilige plek volgens die patroon van die tabernakel. Die Tabernakel was afgesonder en daar kon nie donkerte inkom nie. Die tabernakel het ‘n grens om gehad en daar was net een ingang/een pad, afgesonder met net een roete. Daar was ‘n
klomp elemente ingebou waardeur jy eers moes beweeg voor jy in die Allerheiligste plek kon kom.
klomp elemente ingebou waardeur jy eers moes beweeg voor jy in die Allerheiligste plek kon kom.
Dit het ook te doen met hoe jy jou vriendskapsverhoudings kies en behoort te kies. Daar is
mense wat jy leer ken en hulle is op die buite grense van jou lewe, kennisse wat jy mee
omgaan. Baie min mense is in jou binnekring. As jy die verkeerde mense toelaat in jou
binnekring, gaan dit jou beïnvloed. Dit is waar jy jou moet afsonder van die verkeerde
invloede. Onthou, nie elke mens wat jy ontmoet bring die Here oor jou pad nie, die vyand bring ook mense oor jou pad. As mense verlore is, bid vir hulle redding, maar moenie hulle in jou binnekring inbring nie.

Ons moet afgesonderd wees, want ons Vader se Huis is ‘n afgesonderde plek vir Hom, dis
hoekom Jesus sê ons is in die wêreld, maar nie deel van die wêreld nie. In die wêreld het ons ‘’n verantwoordelikheid om lig draers vir Christus te wees, soos Jesus gesê het, moenie julle lig onder ‘n maatemmer verberg nie. Om afgesonder te wees beteken nie om weggesteek te wees nie, maar dit beteken om so te lewe dat almal ons lig kan sien.
Om afgesonderd te wees beteken dat wanneer ek in ‘n geselskap is of kom in ‘n plek en dinge is nie onpartydig opreg nie, verwyder ek myself want dit is nie tot eer en verheerliking van God nie.

In Moses se film sien mens duidelik hoe God die Vader vir Moses sê : verwyder jou
dadelik van die murmureerders en die grond het pad gegee, dit het onmiddellik gebeur dit was nie ‘n lang storie nie. God is ‘n liefdevolle genadige God, maar is ook onpartydig opreg.
dadelik van die murmureerders en die grond het pad gegee, dit het onmiddellik gebeur dit was nie ‘n lang storie nie. God is ‘n liefdevolle genadige God, maar is ook onpartydig opreg.
God is lief vir ons, soos geskrywe in Johannes 3:16 want op dié manier het God die wêreld
liefgehad: só, dat Hy Sy enigste uniekgebore Seun opgegee het sodat elkeen wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe sal hê. Ons verantwoordelikheid in dit is om te kies, kies lewe. Dis ‘n totale oorgawe, waar jy moet sterf aan jouself sodat jy ‘n
afgesonderde plek, ’n blyplek kan word vir God en Sy Seun Jesus Christus soos in Johannes 17.

Die skoene van die Evangelie is eintlik die skoene van die Koninkryk van die lig en jy kan nie op dieselfde tyd in die Koninkryk van lig en die donker wees nie! Jy moet in die volheid van die Koninkryk inkom. Die Koninkryk van Vader God is soos ‘n huis wat jy intrek en bewoon, jy kan nie net by die voordeur bly staan en in dieselfde tyd in die huis woon nie, jy kan nie reken jy is nou gered en dis genoeg nie. Dis nodig dat jy uit die donker in die volheid van die LIG van die Koninkryk inkom. Dan kom die Koninkryk waar jy jou voete neersit soos in Joshua 1 vers 3, want jy is die tempel.
Die Woord sê wandel in my geregtigheid, daarom die huis van gebed. Die Vader het heel aan die begin gewandel saam met die mens. Hy het dit in Jesus kom herstel en nou moet ons in geloof wees, elkeen maak self die besluit. Die Vader is fisies hier maar ons sien hom nie, dus moet ons in geloof staan. Jy maak die besluit dis ‘n geloofsaak om te sê die Vader is teenwoordig, daarom kies lewe, jy moet kies om jou gedagtes te vestig in die hemelse plekke. As afgesonderde blyplek vir God kies ek om my gedagtes gevange te neem en in gehoorsaamheid te bring tot die Woord .
As huis van gebed, moet ons hele lewe ‘n gebed tot eer van God wees, alles wat jy doen, wat ek sê en wat ek dink, doen ek in die teenwoordigheid van die Vader. Kom ons herinner onsself aan wat Paulus gesê het in Romeine 12:1-2 My broers, daarom smeek ek julle, deur die guns van God dat julle jul liggame beskikbaar stel as lewende, afgesonderde en aanvaarbare offers vir God; dit is julle logiese dienswerk en moenie hierdie wêreld navolg nie, maar word verander deur die vernuwing van julle denke en julle sal kan onderskei wat die goeie, aanvaarbare en volmaakte wil van God is.
Dan is daar ook 2 Kronieke 16 vers 9 want die oë van יהוה hardloop heen en weer oor die
hele aarde; daarom, wees onveranderlik sterk en laat jou verstand, wil en emosie volmaak wees tot Sy aanbidding en verstaan al Sy wonders, want יהוה ,u God, sal vir u veg