Forum

Notifications
Clear all

DIE DILEMMA VAN HALAL EN DIE BELANGRIKHEID OM DIT NIE TE ONDERSTEUN NIE

1 Posts
1 Users
0 Reactions
31 Views
(@prepare)
Member Admin
Joined: 8 months ago
Posts: 25
Topic starter  

Die Woord van God aan Sy kinders is selfverklarend, wanneer ons van Genesis tot Openbaring lees is dit een boodskap. Die Woord van God is deurspek met waarskuwings en voorbeelde om NIE AFGODSOFFERS TE EET NIE!

Die dilemma van halal kom egter duidelik na vore in gesprekke met mense, spesifiek gelowiges en geestelike leiers wat veronderstel is om gelowiges in die waarheid van die Woord van God te rig,Die argument word gebruik dat die bloed van Jesus ons bedek en daarom kan ons afgodsoffers eet, want dit het dit geen mag oor ons nie. Dit is natuurlik waar, maar dit spreek nie die dilemma aan dat ons ongehoorsaam is aan die Woord van God nie.

Maar Paulus vermaan ons juis in 1 Korintiërs 10:21 om nie die afgodoffers te eet nie, want dit is teenstrydig met die beker van die Here “Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.”

Paulus spreek hierdie elemente aan in 1 Korintiërs 8:7-13, waar hy meen dat die vryheid wat ons ontvang het in Christus nie ’n struikelblok moet word vir die wat swak is nie.Paulus sê in 1 Korintiërs 8:7 Die kennis is egter nie in almal nie; maar sommige, nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel. Paulus praat hier van gelowiges wat uit afgodery kom, asook die wat nog in die proses is om uit afgodery te kom, daarom sê hy in vers 13 “ Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie”.

Deur die afgod te erken in die dat ons die merk op al ons kos produkte plaas of toelaat dat dit daarop geplaas word, maak ons die taak wat ons ontvang het van ons Redder en Verlosser moeiliker. Ons laat die wat as swak beskryf word struikel of besoedel aangesien hy  “nog altyd bewus van die afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel”.

Indien ons die bostaande lees saam met wat Jesus gesê het in Openbaring 2:14 en 20 verstaan ons die opdrag om ons te weerhou van kos wat aan ’n afgod geoffer is, soos vervat in Handeling 15:23-29 beter.  “En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!(Let op dat die verwysing na broeders hier spesifiek verwys na uit die heidene”- soos Paulus gesê het dat hy nie sal vleis eet as dit sy broer laat struikel nie) Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou, het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus-manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus. Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring. Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!”

In Openbaring 2:14 sê Jesus “Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.” Hier sê Jesus dat ons deel in die sonde van Bileam deur te sê dis aanvaarbaar om afgod offers te eet. In vers 20 “Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.” Hierin is dit nog duideliker gestel deurdat Jesus verwys na die lering vanuit die kerk se geledere om afgods offers te eet en so Sy diensknegte verlei.

Nou sal daar argumente wees wat sê, ons leer niemand om halal te eet nie, maar wat leer ons deur dit goed te keur? Is dit nie dieselfde nie.

Ook moet ons besef dat die geld wat ingesamel word deur die Halal sertifisering, wat, gebaseer op ’n dokument van 2018, R45 biljoen beloop verder instrumenteel is, en bydra tot die groei van Islam as die vinnigste groeiende “valse” geloof in die wêreld. Ons wat volgens statistieke 85% Christene is, het ’n R45 biljoen bydrae gelewer. Dis tyd dat ons herbesin in aggenome van die opdrag wat ons ontvang het in Mattheus 28:19-20  “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.”

Waneer ons Matt.28 :19-20 herbedink dan kom ons teen hierdie opdrag. Pleks van mense na Jesus toe lei en geld beskikbaar stel vir evangelisasie, sit ons fondse in die hande van hierdie mense wat ons juis moet evangeliseer.

Daar is nog baie om te sê, maar vir my is dit genoeg om te weet dat ons as Christene, ons Hemelse Vader erken as die enigste waaragtige Lewende God en Vader van Jesus Christus die Skepper is van Hemel en aarde. Ons het die opdrag ontvang om die evangelie, in Gees en in Waarheid te verkondig. Dit het tyd geword dat ons as Christene ons neutrale benadering tot halal herbedink, aangesien dit ’n struikelblok is vir verkondiging van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van die Lewende God.

 

 



   
Quote

Leave a reply

Author Name

Author Email

Title *

Preview 0 Revisions Saved
Share: